Sy het met die die tydskrif Glamoholic gesels:

Oor wat sy dink van Kate Blanchett wat vanjaar ’n Oscar gewen het: “Sy is my gunsteling-aktrise en dis wonderlik dat sy so ’n goeie ambassadeur vir Australië is.”

Oor die lewe ná The Originals: “Ek wil myself graag aanhou uitdaag deur verskillende goed te beproef: aksie, drama, komedie. . . Ek sal dankbaar wees om dit en nog baie meer te doen as iemand so gaaf sal wees om my aan te stel. Ek het The Originals so baie geniet omdat ek Rebekah kon speel in verskillende tydperke. Ek is ’n bietjie bederf.”