Pretfeite oor die Hunger Games: Catching Fire akteur Josh Hutcherson

  • Hy help voorkom afknouery onder jong mense deur sy organisasie, Straight But Not Narrow.
  • Hy wil graag hê Katniss moet met haar Hunger Games-mentor Haymitch (gespeel deur die 52-jarige akteur Woody Harrelson) uitgaan. “Span Haymitch . . . Ja, hy’s die ou.”’
  • Josh sê hy is snaaker op die stel as Jennifer. “Haar ding is skokkend, verstrooid en simpel wees – wat wonderlik is en talent verg. Ek hou meer daarvan om slim en skerp te wees. Maar as jy moet oordeel volgens wie die meeste mense laat lag, sal ek sê sy is die wenner.”

Pretfeite oor die Hunger Games: Catching Fire aktrise Jennifer Lawrence

  • Haar grootste vrees is spoke.
  • Sy sien vir enigiets kans! Sy het rou vis geëet vir ’n toneel in Catching Fire.
  • Sy het op ’n perdeplaas in Louisville, Kentucky, grootgeword en haar gesin het nie in mediese behandeling geglo nie. ’n Motor het Jen raakgery toe sy 18 maande oud was en haar stuitjie is misvorm nadat sy van ’n perd af geval het. Maar sy is nie in een van die gevalle dokter toe geneem nie.

-Edna Isaacs

SOURCES: USATODAY30.USATODAY.COM, GLAMOUR, HOLLYWOODLIFE.COM, HUFFINGTONPOST.COM, CELEBUZZ.COM.TEENVOGUE.COM, EONLINE.COM, SEVENTEEN.COM, DAILYMAIL.CO.UK, BUSINESSINSIDER.COM