The Bling Ring is gegrond op ware gebeure oor roembehepte tieners wat die internet gebruik het om te kyk waar bekendes hul bevind en dan hul huise beroof het. Katie Chang – “Dis geloofwaardig omdat die obsessie met beroemdes nie deesdae so ver verwyderd daarvan is nie, maar ek was veral geskok met die hoeveelheid goed wat hulle gesteel het.” Israel Broussad – “Ek kan op ’n manier sien waar dinge handuit geruk het met die kinders. Jy raak vasgevang in ’n oomblik, die adrenalien skop in en dan vergeet jy om asem te haal en jy dra die gevolge.” Emma Watson – “Dit was pret as aktrise (om die rol van Nicki te vertolk) omdat sy gedurig al hierdie verskillende maskers dra.”

Claire Julien – “Daar was een aaklige oomblik waar die groep pas Rachel Bilson se huis beroof het en my karakter sê: ‘Kyk hulle koel Chanel-handsakke,’ en dan gee sy hierdie aaklige laggie. Dit het my ineen laat krimp. Ek het die aakligste lag wat ek al gehoor het, maar dít was ondraaglik.”  Taissa Farmiga – “Ek en Emma het ’n paaldansklas saam vir die fliek gedoen.”

– Faiza Mallick

Bronne: imdb.com, youtube.com, vogue.com