Die SX4 het inderwaarheid so gegroei dat dit nou die Nissan Qashqai in sy visier het.

suzuki-2

Hier is agt feite wat jy moet weet van die nuweling:

  1. Die nuwe SX4 is 165 mm langer en 10 mm wyer as die vorige model.
  2. Afhangende van die model is die grondvryhoogte tussen 175 mm en 180 mm.
  3. Daar is voorwielaangedrewe weergawes, asook vierwielaangedrewe modelle.
  4. Die SX4 is slegs met een enjin beskikbaar, ’n 1,6 L-petrolkragbron wat 86 kW krag en 156 Nm wringkrag lewer.
  5. Die meeste modelle het ’n vyfspoedhandratkas, maar die GLX-weergawes is beskikbaar met ’n outomatiese ratkas.
  6. Daar is twee spesifikasievlakke, die GL en luukser GLX.
  7. Al die modelle het onder meer met spoedbeheer, allooiwiele, lugversorging, ’n klankstelsel met Bluetooth, terwyl die GLX ook kenmerke soos parkeersensors en sleutellose toegang het.
  8. Die SX4 het ’n waarborg van drie jaar of 100 000 km en ’n diensplan van drie jaar of 90 000km.

PRYSE

  • 1,6 GL - R265 900
  • 1,6 GLX - R295 900
  • 1,6 GLX CVT - R318 900
  • 1,6 GLX AWD - R319 900
  • 16 GLX CVT AWD - R341 900

suzuki-3