Suzuki het ’n bekostigbaarder model in sy Swift-reeks bekendgestel.

swift1

Die nuwe 1,2-litermodel is beskikbaar in twee weergawes, die GA en die GL, en sal meeding met die Volkswagen Polo Vivo, Ford Figo en Toyota Etios.

Die GA-model se standaardkenmerke sluit in lugverkoeling, kragstuur en lugsakke voor. Die GL-weergawe is luukser en het onder meer ’n klankstelsel wat van die stuurwiel beheer kan word, elektriese vensters en sleutellose toegang. Dié model het ook ABS-remme.

Die bagasieruim is 210 L en kan na 533 L vergroot word deur die agtersitplek plat te slaan.

Die 1,2-literenjin ontwikkel 63 kW teen 6 000 r/min en wringkrag is 113 Nm teen 4 500 r/min.

Albei modelle het ’n vyfspoed-handratkas, terwyl die GL-model ook met ’n outomatiese ratkas beskikbaar is.

Volgens Suzuki is die gemiddelde brandstofverbuik 5,7 L/100 km, en 6,3 L/100 km vir die outmatiese weergawe.

Albei modelle kom met ’n diensplan van twee jaar of 30 000 km en ’n waarborg van drie jaar of 100 000 km.

Pryse

1.2 GA R126 900

1.2 GL R136 900

1.2 GL A/T R151 900

swift2 swift3