Selfs in die donkerste tye op die Survivor-eiland was een gedagte altyd voorop in haar gemoed: Maak nie saak wát jy

doen nie, moet net nie die rooi knoppie druk nie.

Die rooi knoppie, sê sy, is die een waarmee jy jou trapmeul in die gim afskakel wanneer jy huis toe gaan. En huis toe gaan was die laaste ding wat die wenner van Survivor South Africa: Santa Carolina wou doen. Nee, sy wou vasbyt, 17 ander bekendes uitstof en die R1 miljoen wen.

‘‘Ek het op die eiland so baie aan Mike se woorde gedink: ‘Maak nie saak wat jy doen nie, jy gee nóóit op nie!’ ’’ vertel GiGi en glimlag vir Mike Crole, haar sakevennoot en fiksheidsinstrukteur wat haar binne twee weke eilandgereed moes kry.

En vir Mike het dit om meer gegaan as net om sy jare lange vriendin te ondersteun. Want die helfte van die prysgeld wat sy as Survivor-wenner huis toe geneem het, gaan vir ’n saak wat hom baie na aan die hart lê nadat hy 11 jaar gelede ’n geliefde aan kanker verloor het.

Lees die volledige artikel in die Huisgenoot van 6 Mei 2010