kb

Dit is van middel September beskikbaar en het nou ’n oorhoofse kompartement insluitend ’n sonbrilhouer op die LX verlengde kajuit- en dubbelkajuit-modelle, en nuwe, donkergrys sitplekbekleedsel op LE- en LX-modelle.

Volgens Isuzu is al die subtiele veranderinge aan die KB-reeks gemik op die bevordering van die visuele aantrekkingskrag en bestuurservaring.

LE-modelle het nou ’n donkergrys sierrooster en swart agterbuffer, terwyl die LX-dubbelkajuitmodel nou ’n sluitbare chroomhandvatsel vir die agterklap het. Alle KB-modelle het ook remligte op die dak.

Die reeks bestaan uit 18 modelle wat almal dieselenjins het.

Die KB 250 se 2,5 L-turbodieselenjin ontwikkel 85 kW krag teen 3 600 r.p.m. en 280 Nm. wringkrag tussen 1 800 en 2 200 r.p.m. Die KB 300 se viersilinder-3 L-turbodiesel ontwikkel 130 kW teen 3 600 r.p.m., terwyl dit ’n tamaai 380 Nm tussen 1 800 en 2 800 r.p.m. ontwikkel.

Wat veiligheid betref, het selfs die intreevlakmodelle ABS-remme met elektroniese remkragverdeling (EBD) en twee lugsakke. Die duurder KB-modelle het ook gordynlugsakke en lugsakke langs die kant.

Boonop is lugverkoeling, elektriese vensters en kragstuur standaard vir al die modelle.

Alle modelle het ook ’n waarborg van vyf jaar of 120 000 km en ’n diensplan van vyf jaar of 90 000 km. Diensintervalle is 15 000 km of 12 maande, wat ook al eerste gebeur.

PRYSE – ENKELKAJUIT

  • KB 250 Leed - R208 300
  • KB 250 Leed Fleetside - R230 800
  • KB 250 D-TEQ Fleetside (veiligheid) - R257 700
  • KB 250 D-TEQ LE - R297 000
  • KB 250 D-TEQ LE 4x4 - R342 500
  • KB 300 D-TEQ LX - R335 400
  • KB 300 D-TEQ LX 4x4 - R389 100

PRYSE – VERLENGDE KAJUIT

  • KB 250 D-TEQ LE - R310 400
  • KB 300 D-TEQ LX - R374 500
  • KB 300 D-TEQ LX 4x4 - R429 600

PRYSE – DUBBELKAJUIT

  • KB 250 D-TEQ LE - R383 900
  • KB 250 D-TEQ LE 4x4 - R405 900
  • KB 300 D-TEQ LX - R426 300
  • KB 300 D-TEQ LX Outo - R440 100
  • KB 300 D-TEQ LX 4x4 - R483 500
  • KB 300 D-TEQ LX (leer) - R436 300
  • KB 300 D-TEQ LX Outo (leer) - R450 100
  • KB 300 D-TEQ LX 4x4 (leer) - R493 500