Laat jou stem tel in die derde jaarlikse kykNET Fiëstas, die gesogste pryse in die wêreld van Afrikaanse teater. Met die Fiëstas word hulde gebring aan die beste kunstenaars en produksies wat hul debuut in 2012 op Afrikaanse kunstefeeste landwyd gemaak het. Die wenners word op 21 Maart 2013 op ’n glansryke geleentheid in Pretoria bekend gemaak. Die benoemings is in 15 kategorieë bekend gemaak en dit sluit onder andere dié in vir beste nuwe Afrikaanse stuk, beste prestasie in ’n musiekproduksie, beste akteur en beste aktrise. Die publiek het oudergewoonte ook ’n sê in die Fiëstas se oorhandiging en kan vir die toekennings vir die gewildste kunstefees en gewildste Fiesta-aanbieder stem.

Die feeste wat benoem is, is Innibos (A1), die Klein Karoo Nasionale Kunstefees (A2), die Renoster Horingfees (A3) en die Vryfees (A4).

Vir gewildste Fiesta-aanbieder is die benoemdes André van der Merwe(B1), Jennifer Zamudio (B2), Monique(B3) en Niël Rademan (B4).

Lede van die publiek kan in dié kategorieë begin stem deur die kode langs die fees of aanbieder se naam na 33690 te SMS. SMS’e kos R1.50 en mense het tot 14 Maart 2013 om te stem.

Die res van die benoemings vir die 2013 kykNET Fiëstas is:

Beste Akteur

1. Albert Pretorius Nagwond

2. Terence Bridgett Master Harold en die Boys

3. Tobie Cronjé My man se vrou se man

4. Wessel Pretorius Ont

Beste Aktrise

1. Alida Theron Op Dees Aarde

2. Marli van der Bijl Putsonderwater

3. Amanda Strydom Voor ek vergeet

4. Sandra Prinsloo Oskar en die pienk tannie

Beste Manlike Byspeler

1. Wessel Pretorius N is vir Neurose

2. De Klerk Oelofse Ubu en die Secrecy Bill

3. Johann Nel Putsonderwater

4. Stian Bam Babbel/Bos/Vrou vantevore

Beste Vroulike Byspeler

1. Anna-Mart van der Merwe Doodsnikke

2. Hannah Borthwick N is vir Neurose

3. Karli Heine Op Dees Aarde

4. Wilna Snyman Op Dees Aarde

Beste Regisseur

1. Wessel Pretorius Ont

2. Pieter Venter Putsonderwater

3. Lara Bye Oskar en die pienk tannie

4. Marthinus Basson Op Dees Aarde

Teaterontwerp

1. Marthinus Basson Bos (stelontwerp)

2. Marthinus Basson Op Dees Aarde (stelontwerp)

3. Johan Ferreira GPS vir die lewe (beligting)

4. Patrick Curtis Doodsnikke (stelontwerp)

Beste Prestasie in ‘n Musiekgedrewe Produksie

1. Emo Adams Plekkie in die son

2. Amanda Strydom Wierook en mirre

3. Vagina Dentata Vagina Dentada

4. Janine Neethling Wierook en Mirre

Beste Musiekproduksie

1. Christiaan Olwagen Vagina Dentata

2. Basil Apolis ‘n Plekkie in die Son

3. Koos Kombuis GPS vir die lewe

4. Amanda Strydom Wierook en mirre

Beste Solo-vertoning

1. Marion Holm Holmakiesie

2. Wessel Pretorius Ont

3. Sandra Prinsloo Oskar en die pienk tannie

Beste Nuwe Afrikaanse Opvoering

1. Wessel Pretorius Ont

2. Christiaan Olwagen N is vir Neurose

3. Marlene le Roux ‘n Plekkie in die Son

4. Basil Apolis ‘n Plekkie in die Son

5. Schalk Schoombie Liefde, Anna

6. Louis van Niekerk Liefde, Anna

Beste Prestasie in Klassieke Musiek

1. Winand Grundling 14 Stasies van die Kruis

2. Consort Venetian Tonic

3. Trio met ‘n Twist Trio met ‘n Twist

4. Kelebogile Boykanyo Vocal Recital

Beste Prestasie in Dansteater of Fisieke Teater

1. Xolani Ntombela African Rhythms

2. Keepsake Minus 3 Keepsake Minus 3

3. Mamela Nyamza Okuya Phantsi Kwempumlo / The Meal

Beste Prestasie in Visuele Kuns

1. Diek Grobler Fopspeen Moving Pictures

2. Katie Barnard du Toit Vrees en Verlies

3. Paul Emsley Feeskunstenaar: Woordfees

Beste Aanbieding

1. Nicola Hanekom Babbel

2. Hugo Theart Op Dees Aarde

3. Wessel Pretorius Ont

4. Marthinus Basson Op Dees Aarde

5. Lara Bye Oskar en die pienk tannie

Beste Opkomende Kunstenaar

1. Marli van der Bijl Putsonderwater

2. Christiaan Olwagen N is vir Neurose

3. Winand Grundling 14 Stasies van die Kruis

4. Wessel Pretorius Ont

Kaartjies om hierdie jaar se kykNET Fiëstas by te woon is by Computicket beskikbaar. Volg kykNET op Facebook vir meer inligting. Vanjaar se borge is: PLATINUM: kykNET GOUD: Clover, Die Dagbreek Trust en Toyota.