Waarde vir geld, gerief en natuurlik betroubaarheid en gevorderde tegnologie is 'n paar faktore wat in ag geneem word wanneer jy 'n motor koop. 

Daarom is cars.co.za se Verbruikerstoekennings van groot waarde Die Verbruikerstoekennings is tot stand gebring om die mees toonaangewende, aanneemlike en invloedryke toekenningsprogram in die Suid-Afrikaanse motornywerheid te vorm.

Lees ook: Selfbestuur op die snelweë van Nevada: nuwe Mercedes-Benz E-Klas

Dit verleen erkenning aan voertuie wat gereken word as die beste nuwe kopies in hul onderskeie kategorieë van die nuwevoertuigmark in Suid-Afrika, asook drie kategorieë spesiale wenners: die Spelveranderende Motor van die Jaar, Ontwerp en Handelsnaam van die jaar.

Lees ook: Vyf voertuie wat in 2015 ons aandag getrek het

Die toekennings het op Donderdag, 14 Januarie 2016, plaasgevind. Die kriteria was: ’n lysprys wat nie ’n sekere bedrag oorskry het tydens die stemming vir die semifinalis (22 Junie 2015) nie, met die prys van sommige kenmerke ingesluit.

Hier is 'n kort opsomming van die wenners in elke kategorie.

[post-slider]

Gaan na cars.co.za vir meer inligting oor die onderskeie kategorieë en kriteria.