Die vakansie is hier en dit beteken jou kinders het hope vrye tyd op hande. Ons het ’n Engen 1-Stop Wimpy Kids-pretgids propvol speletjies vir kinders in die jongste Huisgenoot, YOU en Drum geplaas wat vinnig met verveling sal klaarspeel.

As jy beplan om die langpad met jou gesin te vat, sal die Engen 1-Stop Wimpy Kids-pretgids die rit plesieriger maak. Daar is hope prettige motorspeletjies en interessante stories vir jou kinders in die boekie. En verskeie prentjies om in te kleur.

As jy met Jan Tuisbly se karretjie ry, sal hulle dol wees oor die prettige handwerk en heerlike en maklike resep-idees. En daar is hope opwindende kompetisies waarin jy lekker pryse soos motors, speletjieskonsoles en videospeletjies kan wen.

Die Engen 1-Stop Wimpy Kids-pretgids is ideaal vir alle ouderdomme en sal die hele gesin ure se pret besorg. Maak seker jy loop dit nie mis nie – kry nou jou kopie van Huisgenoot, YOU of Drum.

Huisgenoot, YOU en DRUM is op Vrydag 14 Desember te koop, Om te bestel, SMS Huisgenoot, YOU of DRUM en jou naam na 32113. Elke SMS kos R1. Of skakel 0860-10-3686 of stuur ’n e-pos na huisgenoot_inteken@media24.com met die naam van die tydskrif wat jy wil hê in die onderwerpveld.