Dis van die vrae wat lesers dié week in die Groot Afrikaanse Meningsopname kan beantwoord. Dié opname, wat oor die volgende drie weke aangebied word, is ’n projek van Media24, die Dagbreek Trust en afrikaans.com.

Afrikaanssprekendes word genooi om vier vraelyste te voltooi. In die proses kan jy selfoonlugtyd losslaan, en een gelukkige deelnemer gaan ’n kontantprys van R5 000 wen.

Die tweede vraelys is van Dinsdag 11 April op forum24.co.za beskikbaar, en ’n nuwe vraelys word daarna elke Dinsdag op dié webtuiste geplaas. Die eerste vraelys is ook steeds op forum24.co.za te kry.

Die vrae is deur kundiges saamgestel, wat politieke, taal- en veiligheidskenners insluit. Die navorsingskundige Laura Kaufman, wat die resultate gaan verwerk, beskryf die meningspeiling as ’n seldsame geleentheid vir Afrikaanse mense.

“Dit is ’n kans om jou stem dik te maak, want meer as 100 vrae gaan oor die volgende vier weke gevra word – en jy word vir jou deelname beloon.”

Registreer gratis op forum24.co.za om aan die Groot Afrikaanse Meningsopname deel te neem.

Jy sal dan outomaties uitgenooi word om die vier weeklikse vraelyste te voltooi. Belangstellendes kan ook ’n e-pos met hul identiteitsnommer na inligting@forum24.co.za stuur.

Deelnemers kan selfoonlugtyd of ’n kontantprys van R5 000 wen.