En daarom maan die Automobiel Assosiasie Suid-Afrika ook nou dat Huisgenoot-lesers tog nooit dié risiko moet onderskat nie.

Daardie soms verblindende skittering maak dit uiteraard “baie moeiliker om te sien wat presies voor ons in die pad gebeur, en potensiële gevare raak te sien. Ons vra bestuurders om ekstra versigtig te wees in sulke toestande, by uitstek in areas met baie voetgangerverkeer, soos by skole, bushaltes en voetgangeroorgange”, sê die AA.

Lees ook: Hierdie wakkerweeswenke kan keer dat JY gekaap word

Sulke spesifieke syfers is nog nie geredelik plaaslik beskikbaar nie, maar in Brittanje is byvoorbeeld al beraam dat verblindende sonlig gedurende spitsverkeer tot 36 padsterftes jaarliks bydra en ’n rol by duisende ongelukke speel. En ons paaie hier in die Suide is sekerlik sonniger as daar in die Noorde.

SA se Arrive Alive verwys ook na 'n waarskuwing van die Vision Council in Amerika: die son is een van die padveiligheidsgevare wat verreweg die meeste oor die hoof gesien word. “Duisende mense word jaarliks om dié rede beseer, sommige noodlottig,” het die raad verklaar.

Intussen herinner die Automobiel Assosiasie ons aan dié veiligheidsmaatreëls wat motoriste teen die son kan tref:

  • Belê uiteraard eerstens in ’n goeie gepolariseerde sonbril en gebruik steeds ook die afslaan-sonskerms bo jou voorruit
  • In sulke toestande moet jy veral seker maak jy handhaaf ’n veilige volgafstand.
  • Skakel jou ligte aan om jou sigbaarder te maak vir aankomende verkeer, asook diegene wat, skerp son ten spyt, van agter op jou sal afsnel.
  • Maak seker jou voorruit is behoorlik skoon -- binne en buite. As jy reeds in normale toestande nie lekker daardeur kan sien nie, gaan dit natuurlik vir jou nag wees met skerp sonlig van voor. Dink voor jy sommer daardie ruitveër-armpie druk... dit kan jou sig op ’n kritieke oomblik verder versleg. Maak ook seker die veërs is tiptop.

Lees ook: Dié maatreëls maak jou huis veiliger

  • Moet niks op jou paneelbord laat lê nie of uitstal nie. Dit kan tot weerkaatsings bydra. Wees ook versigtig vir glansryke viniel-gebaseerde opknap-produkte vir jou paneelbord. Dit kan ook weerkaatsing verhoog.
  • Verminder onmiddellik spoed as jy sukkel om vooruit te sien en gebruik die padmerke as riglyn om jou op koers te help hou. Maar moet dan ook nie -- met moontlike ouens agter jou se oë ook op skrefies -- te skielik briek aanslaan nie.
  • Waak teen verbysteek in lae sontoestande.
  • Jy kan selfs oorweeg om jou rytye te verander om die son in jou oë in ’n mate te systap... of, wanneer jy weer wiele aanskaf, ligkleurige paneelborde probeer vermy.

Ander stories op Huisgenoot.com:

Vrou kap weens rare kwaal om as ’n deur klap

Raak lag-lag ontslae van jou plooie met dié gin!

Die porsiebeheerdieet – die dieet wat werk!

Dis wat sal help om daai kankerstokkie vir goed dood te druk

Hoe weet jy of jou kind dalk ’n bril moet dra?