“Wêreldpetroleumpryse het tot dusver in Desember effens afgeplat,” sê Graeme Scala, ’n woordvoerder van die AA.

“Moontlike verligting kan spruit uit die wisselkoers, wat begin vandeesmaand gemiddeld R10,20 teenoor die Amerikaanse dollar was, maar sedertdien aan die verswak is, met ’n skielike daaglikse laagtepunt van R10,50 op 6 Desember.”

Die AA het voorlopige inligting hersien wat die Sentrale Energiefonds vir die eerste helfte van Desember bekendgemaak het.

“Die gemiddelde wisselkoers het aanhou opkruip na die R10,30-kerf, wat tot ’n algemene onderverhaling in die brandstofprys gelei het,” het Graeme gesê.

“Uit huidige data blyk dit diesel toon ’n (moontlike) verhoging van 31c per liter, met petrol tussen 31 en 33c per liter, afhangende van die graad.”

Paraffien neig op die oomblik na ’n verhoging van 39 c per liter.

“Tensy daar voor einde Desember ’n beduidende ommekeer in die wisselkoers kom, sal Suid-Afrikaanse motoriste hulle moet staal vir nog pyn by die pompe,” het Graeme gesê.