Peugeot het nuwe lewe in sy 3008-oorkruisvoertuig geblaas.

Hier is wat jy moet weet van die 3008 se vars voorkoms en ander veranderinge:

    • Die grootste kosmetiese verandering is aan die voorkant met nuwe hoofligte, ’n herontwerpte buffer en ’n meer prominente, blink sierrooster. Die misligte het ook nou ’n breë chroomraam om.
    • Agterlangs is die 3008 se remligte met nuwe LED-eenhede vervang.
    • Daar is ook nou ’n nuwe chroomstrook wat al aan die deure se boonste rand van voor tot agter strek.
    • Binne het Peugeot nie te veel verander aan die uitleg nie, maar nuwe materiale is ingespan wat dit meer luuks laat voel.
peugeot-2 Peugeot het ook nou die reeks van twee modelle, die Active en die Allure, tot drie uitgebrei.
Die nuwe intreevlakmodel is van April te koop.

Die nuweling in die reeks is die Access-model, wat hom eers in April by die reeks aansluit. Dit is ’n intreevlakmodel met ’n normaal geaspireerde 1,6?liter-petrolenjin en ’n vyfganghandratkas. Verder het die Access ook minder toerusting.

Die Active-model het weer ’n 1,6?liter-turbopetrol en ’n sesgang-handratkas, terwyl die vlagskip Allure-weergawe steeds ’n 2,0-liter-turbodiesel kragbron het. Laasgenoemde het ook ’n sesgang- outomatiese ratkas.

Die Allure se geriefskenmerke sluit in leerbekleedsel, ’n skermpie voor die bestuurder wat jou spoed en verkeerstekens wys, en ’n groot, panoramiese sondak.

Al die 3008’s het ’n vyfjaar- of 100?000?km-versieningsplan en ’n driejaar- of 100?000?km-waarborg.

Pryse:

3008 Access – Sal by bekendstelling aangekondig word

3008 Active 1,6 THP – R309 900

3008 Allure 2,0 HDi – R380 750

peugeot-3