kurt1

Voel jy opgewonde oor SuperSkouspel?

Ek is baie opgewonde omdat dit in so ’n groot stadion (die FNB-stadion in Nasrec, Johannesburg) plaasvind en om vir soveel mense op een slag te sing. Ook opgewonde oor die nuwe baadjie van Skouspel.

Saam met watter ander van die kunstenaars gaan jy daar optree?

Op die oomblik is dit nog ’n geheim, maar ’n mens weet nooit of ek en Karen Zoid iets gaan saamdoen nie...

Hoekom is Skouspel – nou SuperSkouspel – vir jou ’n hoogtepunt?

Ek en Skouspel kom al meer as ’n dekade saam en die gebeurtenis het nou al ’n nostalgiese plek in my hart.

Hoe gaan dit deesdae met jou? En jou lewe in die Paarl?

Dit is baie rustig in die Val de Vie-landgoed waar ons nou bly, maar ek is steeds gereeld in Gauteng.

Hoe voel dit om nou weer op te tree sonder ’n bril?

Ek voel nader aan die gehoor sonder die bril. En het weer groter vryheid met optredes.

Dit lyk asof jy dit baie geniet om pa te wees?

Ek geniet elke oomblik saam met my gesin, en Kyra se glimlag elke dag laat my hart smelt. Ek het sommer meer waardering vir die wonderwerke van die lewe.

Bespreek vir SuperSkouspel by online.computicket.com, bel 0861-915-8000 of besoek jou naaste Computicket.

 
DIGITAL BANNER_HG_600x450 (0-00-00-00)