Onder die enjinkap skuil ’n allemintige 1000-perdekrag hipermotor. Die binneruim is alles wat ’n kieskeurige spoedvraat sou wou hê. Teen 45 grade is jy gewaarborg van ’n gerieflike rit. Die kopstut het hope veiligheidskenmerke – van nek- en kopsteun tot suurstof- en vloeistoftoevoer deur die prototipe helmet.

Daar is meer as genoeg digitale foefies om jou meestersgraad in te behaal. O ja, laat ons nie vergeet van die baie slim slimfoon in die stuurkonsole is nie. Geen wonder die konsepmotor word as ’n ekstreme tablet op wiele beskryf nie.

[post-slider]