Houston, ag ek bedoel Hermanus, ons het ’n probleem . . .

Die weer in die ruimte is wild, met uitbarstings op die son en ruimtestorms wat ’n chaos op Aarde kan saai en kan veroorsaak dat ons weke en dalk maande lank geen krag het nie, nie ons selfone of rekenaars kan gebruik nie en oor die algemeen lamgelê kan word.

Gelukkig beskerm die Aarde se atmosfeer ons teen baie van die woeste dinge wat in die ruimte plaasvind. Maar in 2012 het die Aarde ? ruimteweer-ramp net-net vrygespring - kyk dié video om te sien wat gebeur het.

Het het jy geweet dat ons hier in Suid-Afrika ons eie ruimteweerburo het? Dit maak deel uit van die SA Nasionale Ruimteagentskap (Sansa) en is geleë op die Wes-Kaapse kusdorpie Hermanus. Jy kan daaglikse ruimteweer-voorspellings daar kry.

Weerverskynsels in die ruimte

  • Sonvlamme – ’n skielike uitbarsting van energie op die oppervlak van die son wat satelliete kan beskadig en onakkurate lesings op ons GPS’e kan veroorsaak. Dis so ? sonvlam wat ons in 2012 net-net vrygespring het.

[caption id="attachment_131627" align="aligncenter" width="600"]Foto van die son met 'n sonvlam wat daaruit onplof. 'n Sonvlam wat in April verlede jaar deur die Ruimteweerburo op Hermanus afgeneem is. Foto: Sansa[/caption]

  • Sonwinde – gelaaide deeltjies wat deur die son vrygestel word. Dit bring skouspelagtige ligvertonings in die hemelruim mee, soos die aurora borealis (noorderligte) in die winter in die Noordelike Halfrond. Dit kan ook kommunikasiestelsels en elektronika op Aarde lelik deurmekaarkrap.

[caption id="attachment_131613" align="aligncenter" width="600"]Foto van die noorderligte of aurora borealis 'n Skouspel van die noorderligte. Foto: wikimedia[/caption]

  • Geomagnetiese storms – ’n tydelike versteuring van die Aarde se geomagnetiese veld wat deur sonwinde veroorsaak word. Hierdie storms kan elektrisiteitsnetwerke beskadig en tot enorme kragonderbrekings oor groot dele lei..

En hier volg die ruimte-weervoorspelling vir vandag . . .

  • Aktiwiteit op die son is laag.
  • Sonwindspoed is hoog: tussen 600 en 700 km per sekonde.
  • Daar is nie veel geomagnetiese aktiwiteit nie.

Van die ruimte gepraat . . .

Voorblad Huisgenoot Reis na die Ruitme

  • Was jy al by Huisgenoot se opspraakwekkende Gateway to Space-tentoonstelling in Sandton? Moet dit nie misloop nie, dit duur nog net tot die einde van die maand. Op 20 Julie word daar boonop heerlik by die tentoonstelling fees gevier wanneer die eerste maanlanding op 20 Julie 1969 herdenk word.
  • Skermgreep van die Gateway to Space webtuiste