Om saam te val met sy 20ste verjaardag word die Mercedes-Benz SLK kompakte toermotor in April 2016 weer bekendgestel onder ’n nuwe naam, die SLC, met heelwat verbeterde tegnologie en ’n opgeknapte voorkoms.

Pryse begin nou by R680 600 vir die nuwe SLC 200-intreevlakmodel met 135 kW-kragontwikkeling.

Aan die bopunt van die reeks is die sportiewe topmodel-Mercedes-Benz AMG SLC 43 (vanaf R988 000), wat 270 kW krag en 520 Nm wringkrag ontwikkel.

Lees ook: Mercedes-Benz-W123-modelreeks vier 40 jaar

Alle SLC-modelle se verkoelerrooster is in die standaard-diamantvorm. Die uitgebreide lys standaardtoerusting sluit in Active Brake Assist (voorheen bekend as Collision Prevention Assist), Attention Assist, panoramiese vario-dak, veelfunksie-sportstuurwiel met napaleer, Audio 20 CD-speler, lugversorging en LED-agterligte.

Met Dynamic Select kan die voertuig se karaktertrekke binne oomblikke verstel word deur die druk van ’n knoppie, terwyl die stelsel die enjin, ratkas, stuur en vering aanpas (laasgenoemde in samewerking met die dinamiese hanteringspakket) op aandrang van die bestuurder. Dynamic Select is ’n standaardkenmerk in die SLC 300 en in die SLC 200 met 9G-Tronic is ratkasmoduskeuse beskikbaar as ’n opsie.

Vir optimale sigbaarheid op plattelandse paaie en snelweë wanneer jy om draaie gaan, sal die LED Intelligent Light System (R20 000) outomaties aanpas by alle lig- en bestuurstoestande. Adaptive Highbeam Assist Plus hou in samewerking met die LED Intelligent Light System die hoofligte aan sonder om ander padgebruikers te verblind.

Lees ook: Selfbestuur op die snelweë van Nevada: nuwe Mercedes-Benz E-Klas

’n Unieke kenmerk van die SLC is die panoramiese veeldoeldak met Magic Sky Control (R28 000). Hierdie glasdak word verlig en verdonker met die druk van ’n knoppie. Om die elektrohidrouliese dak te beheer is nou selfs eenvoudiger.

As verkeerstoestande dit noodsaak dat die dak oop- of toegaan terwyl die motor wegtrek, kan die proses wat begin is toe die voertuig stilgestaan het, voortgesit word tot op ’n spoed van 40 km/h.

Nog ’n nuwe kenmerk is die outomatiese kattebak-afskorting (dit werk saam met die opsionele vario-dak-geriefskenmerk of opsionele Keyless-Go): Wanneer die afskorting in die boonste posisie is vir groter kattebakvermoë, sal dit outomaties afskuif wanneer die dak oopgemaak word.

Die nuwe model kombineer ’n 270 kW-, 3.0 L-V6-biturbo-enjin met ’n aangepaste weergawe van die AMG- sportonderstel soos in die SLK 55.

Bron: quickpic.co.za

Lees ook op Huisgenoot.com:

Energy Husqvarna gaan sake beslis in 2016 ‘rock’

Altyd op soek na jou motorsleutels? Volvo het die antwoord

Toyota Hilux: taaier as ooit tevore