Die wegholsukses van die eerste seisoen van Kokkedoor, wat vanjaar die Huisgenoot-Tempo-prys gewen het vir beste TV-reeks (aktueel of werklikheid), het bewys Suid-Afrikaners kan nie genoeg kry van kos, kultuur, kuier en die Karoo nie.

Die span is middel Oktober, vrugtetyd, terug op die pragtige Prins Albert om die volgende seisoen van Kokkedoor te skiet. Dit sal vroeg in April volgende jaar op kykNET te wees. Oudisies vind in September landwyd plaas en die eerste kamera rol op 14 Oktober in die Kokkedoorstoor op Prins Albert. Skryf so in:

  • Vul die inskrywingsvorm aanlyn in by www.kyknet.co.za. Jy sal ook daar al die reëls en fynere besonderhede vind. KLIK HIER vir die inskrywingsvorm.
  • Kyk uit vir die inskryfvorm in Huisgenoot.
  • Vir navrae, stuur ’n e-pos na inskryf@kokkedoortv.co.za
Wen groot:
  • Die wenspan kry R250 000,
  • EN ’n kookboekkontrak van Human & Rousseau,
  • PLUS elke lid van die wenspan wen ’n splinternuwe motor van GWM – die parmantige C20R.
  • Reuse ander pryse is ook elke episode op die spel.

[caption id="attachment_48849" align="aligncenter" width="600"]GWM C20R Die pragtige GWM C20R[/caption]