kykNET nooi almal om deel te neem aan die derde seisoen van KOKKEDOOR !

Die beste nuus is dat kykNET op soek is na enigiemand. Of jy nou kook uit hart en siel, of met kreatief gekweekte flair. Of jy groen van ondervinding is, of jare lank reeds die sjefmes swaai. Almal kan inskryf - jonk en oud, self geleer of hoogs opgelei - dit maak nie saak nie, solank jy net kan kosmaak dat die biesies bewe en die monde water!

Daar is R250 000 kontant vir die wenspan (R125,000 elk) en ‘n kookboek by Human & Rousseau op die spel.

So - of jy nou kook met 'n voorskoot of 'n sjefsbaadjie, almal is welkom - skryf NOU in: die sluitingsdatum is 6 Augustus 2014.

Inskryfvorm (jy kan kies watter weergawe jy wil uitdruk):

Stuur jou voltooide inskrywingsvorm voor 6 Augustus 2014 na: inskryf@kokkedoortv.co.za.

Of pos al jou inligting na:

kykNET Kokkedoor

Postnet Suite 248

Priaatsak X1

Vlaeberg

8018

Vir enige verdere navrae skakel gerus vir Josef Moller (Homebrew Films) by 021 422 3452.