600x450-moscow

Dit kos Rusland se beroemdste uitvoerproduk, die Groot Moskou Sirkus, R80 miljoen om te kom en hulle bied asemrowende, bekostigbare gesinsvermaak wat die pret en opwinding van die ouwêreldse sirkus met die vaardigheid en waaghalsigheid van vandag se sirkushelde kombineer.

Die sirkusvertonings word van 22 Desember by Montecasino in Johannesburg aangebied voor hulle Nelspruit, Bloemfontein, Durban, Port Elizabeth en Kaapstad besoek.

Die optredes vind in die kenmerkende sirkustent plaas. Dit het lugversorging en individuele sitplekke wat ’n Europese stemming skep. Die gehoor is nooit verder as 11 meter van die aksie nie.

“Wat jy ook al doen, moenie die Groot Moskou Sirkus misloop nie,” sê die uitvoerende vervaardiger, Andrew Guild. “Dis propvol wonder en lekkerkry – komedie, durf, vaardighede en doodsveragtende talent – sirkussupersterre met ’n program van twee uur wat jou na jou asem sal laat snak.”

Die sirkus toer met toerusting van meer as 100 ton vir die 18 optredes per vertoning wat Rusland se beste en die room van die internasionale sirkuswêreld insluit.

Elke moontlike sirkusgunsteling sal te sien wees – hansworse, akrobate, waaghalse, lugakrobate, balanskunstenaars, verhoogmeisies en soveel meer. ’n Sirkusorkes sal die aksie begelei. Diereliefhebbers sal bly wees om te hoor geen diere word in vertonings gebruik nie.

[post-slider] Vir meer ingligting, besoek hul webwerf. Kaartjies is aanlyn beskikbaar by computicket.co.za of bel 0861-915-8000. WEN!

Vyf gelukkige lesers kan elk ’n dubbelkaartjie wen vir die Groot Moskou Sirkus se vertonings in Johannesburg. Die wenners is verantwoordelik vir hul eie verblyf en vervoer na die vertoning by Montecasino.

HIERDIE KOMPETISIE HET ONGELUKKIG REEDS GESLUIT.

Kompetisiereëls, bepalings en voorwaardes: Die kompetisie is oop van 6 Desember tot 12 Desember. Elke SMS kos R1,50. Gratis SMS’e kan nie gebruik word om in te skryf nie. Jy moet die eienaar wees van die selfoon of die eienaar se toestemming hê om die selfoon te gebruik. Jy mag soveel keer inskryf as wat jy wil. Personeel van Media24 en die borg, sowel as hul families, mag nie inskryf nie. Jy moet die vraag korrek antwoord om in aanmerking te kom vir die prys. Wenners sal gekies word deur ’n lukrake trekking en sal telefonies in kennis gestel word. Ons sal drie keer probeer om ’n wenner in kantoortyd te kontak. As hy of sy nie bereik kan word met een van die drie oproepe nie, sal ’n nuwe wenner getrek word. Media24 en die borg van die prys aanvaar geen verantwoordelikheid vir enige skade wat kan spruit uit deelname aan die kompetisie nie. Pryse is nie oordraagbaar nie en mag nie verruil word vir kontant of ’n ander prys nie. Die borg is verantwoordelik daarvoor om die prys binne ’n redelike tyd te verskaf (4-6 weke). Die kleur van ’n prys kan nie gewaarborg word nie en is onderhewig aan beskikbaarheid van voorraad. As jy inskryf vir die kompetisie, aanvaar ons dat jy Media24 toestemming gee om jou soms te kontak met promosies en ander bemarking.