PEETA MELLARK

Gespeel deur: Josh Hutcherson (21)

Karaktereienskappe: Hy is baie sedig, sjarmant en skerp, veral wanneer die kameras rol in die Capitol.

Doelwit: Sy enigste doelwit ist dat sy geliefde Katniss moet oorleef.

Lengte: Kort. Baie kort. 1,67 m

Vaardigheid: Hy is ’n bakker se seun en het leer gooi deur swaar sakke meel op te tel. Peeta het ook ’n kunstige streep en kamoefleer hom tydens die eerste Games deur sy vel te verf.

Hoe wys hy sy liefde vir Katniss?: Wie kan vergeet hoe hy op kamera voor die hele Panem erken het hy is op Katniss verlief?

Liefde in die regte lewe: Josh gaan met die aktrise Claudia Traisac uit. Die twee het op die stel van Paradise Lost ontmoet. Hy sal dit ook oorweeg (??) om met ouens uitgaan.

Josh se ander vaardighede: Josh is self ’n bedrewe bakker. Hy was ook die uitvoerende vervaardiger van die onafhanklike fliek Detention van 2011.

GALE HAWTHORNE

Gespeel deur: Liam Hemsworth (23)

Karaktereienskappe: Hy is supersexy, gelate en vasbeslote om die Capitol tot ’n val te bring.

Lengte: Lank (1,91 m)

Oë: Blou

Vaardigheid: Jag soos ’n beroepsjagter.

Hoe wys hy sy liefde vir Katniss?: Hy versorg haar jonger suster, Primrose, terwyl sy in die eerste aflewering in die Games meeding.

Liefde in die regte lewe: Liam en Miley Cyrus (20) het onlangs hul verlowing van 15 maande verbreek. Hy is gekiek toe hy die Mexikaanse sangeres en aktrise Eiza González (23) soen ’n dag nadat hy en Miley bevestig het hulle is uitkaar. Dis nie mooi nie, Liam!

Liam se ander vaardighede: Hy is ’n kranige branderryer en nutsman. Voor hy akteur geword het, het hy vir ’n rukkie vloere gelê. En hy is baie gesteld op higiëne. “Ek stort gedurig. Ek ruik lekker!’’

BRONNE: USATODAY30.USATODAY.COM, GLAMOUR, HOLLYWOODLIFE.COM, HUFFINGTONPOST.COM, CELEBUZZ.COM.TEENVOGUE.COM, EONLINE.COM, SEVENTEEN.COM, DAILYMAIL.CO.UK, BUSINESSINSIDER.COM