Maak ’n merkie in jou dagboek. Op 8 en 15 Oktober 2011 om 09:00 is dit weer tyd vir die Skouspel-vrouedag –

aangebied deur Virseker, Suid-Afrika se eerste en enigste korttermyn versekeringsproduk wat eksklusief op die Afrikaanse gemeenskap gerig is.

Die bekroonde sangeres Nianell praat met die redakteur van Huisgenoot-Tempo, Wicus Pretorius, oor die publikasie van haar eerste boek, Om Te Weet Wie Ek Is.

Dié boek neem die leser saam op haar lewensreis van ’n skaam, teruggetrokke skooldogter tot wie sy vandag is en wat sy langs die pad oor haarself en die lewe geleer het.

Jak de Priester verskaf die vermaak van die dag met optredes van sy nuwe album, Roer Jou Voete, en Nianell sal ook ’n paar van haar gewilde liedjies sing.

Huisgenoot gebruik die geleentheid om die nuutste Huisgenoot-Mooi bekend te stel en Revlon, wat mini-mooimaaksessies sal aanbied op die dag, sal ook elke vrou met ’n bederfpakkie huis toe stuur. Ligte happies sal bedien word.

Dis voorwaar ’n geleentheid wat jy nie kan misloop nie.

Kaartjies kos R200 en is beskikbaar by Computicket in jou naaste Shoprite en Checkers.