Maak seker jy is voor die kassie wanneer Huisgenoot-Skouspel 2012 op Saterdag 1 Desember van 21:00 tot 22:30 op kykNET (DStv-kanaal 144) uitgesaai word.

Hierdie uitsending is ’n geredigeerde weergawe van vanjaar se Huisgenoot-Skouspel by Sun City. Riaan Cruywagen en Lizz Meiring was die sjarmante aanbieders en die optredes deur Suid-Afrika se voorste kunstenaars was ’n ware fees.

Amper 35 000 mense het die ses vertonings oor twee naweke in Sun City bygewoon. Dié vertoning, met meer as 60 kunstenaars op die verhoog en 80 verstommende optredes, is die grootste Huisgenoot-Skouspel nog.

Van die top-sangers is Elvis Blue, Laurika Rauch, Coenie de Villiers, Kurt Darren, Nicholis Louw, Snotkop, Die Heuwels Fantasties, Karen Zoid, Emo Adams en Nianell.

Die volledige Huisgenoot-Skouspel 2012-uitsending van 180 minute word op Oujaarsaand (31 Desember) om 20:30 op kykNET uitgesaai. Moet dit nie misloop nie!

* Die Huisgenoot-Skouspel-CD en -DVD is nou beskikbaar by alle goeie musiekwinkels of by Huisgenoot se aanlynwinkel, huisgenoot.com.