Top-modeontwerpers het unieke uitrustings geskep, reuse-skerms met tematiese video’s het by die multimiljoenrandverhoog aangesluit en dit was die eerste jaar dat dansers ’n groot rol in die choreografie van die konsert gespeel het.

Daarby is Coenie de Villiers vereer as musieklegende van die jaar en die sowat 45 kunstenaars – insluitend die internasionale ster Patrizio Buanne en nuwe gesigte soos Charlize Berg en Die Heuwels Fantasties – het almal saam gesing aan sy bekende liedjies soos Katbos en Kambro.

Nou kan jy dit alles en meer op ’n CD en DVD huis toe vat en dit in jou eie sitkamer beleef. Met meer as 40 liedjies en keurspele en die meeste kunstenaars wat  al ooit by Skouspel was – 38 mans en sewe vroue – is dit werklik ’n versamelstuk.

Pryse en bestellings:

As jy dit deur Huisgenoot wil bestel, is die prys R99,99 vir die CD en R139,99 vir die DVD. Pakkies word per spoedpos gestuur en posgeld beloop R45. As jy wil bestel, bel 0861-663-368 of 021-918-8811, of stuur ’n e-pos na direct.sales@onthedot.co.za vir navrae.

Die DVD en CD sal ook by musiekwinkels beskikbaar wees, maar pryse kan verskil tussen winkels.

Volg Huisgenoot op Twitter.