Vandeesmaand 35 jaar gelede het die heel laaste Volkswagen Kewer wat in Suid-Afrika vervaardig is, van die monteerband in die Volkswagen-fabriek op Uitenhage geloop.

Dit het ’n einde gebring aan die baie suksesvolle plaaslike geskiedenis van dié motor wat oor 28 jaar strek.

Altesaam 290 000 Kewers is tussen 1951 en 1979 in Suid-Afrika verkoop, waarvan die motortjie 11 jaar lank die algemene topverkoper hier was. Sy beste jaar was in 1973 toe 21 000 voertuie verkoop is.

Die eerste Kewers het R1 000 gekos, en die laaste Kewer Bug van 1978 net meer as R3 500. Hy is deur die ewe gewilde Golf-reeks vervang.

- Jaco Hough-Coetzee