Wat as die tydskrif voor jou oë lewend kon raak? Nou kan dit! Al wat jy nodig het, is ’n slimfoon of tablet (iOS of Android). ’n Mens noem hierdie nuwe tegnologie verrykte werklikheid en in die komende uitgawes gaan daar so ’n 3D-model op een van die bladsye weggesteek wees. Laai die app af, kyk vir die 3D-ikoon in die tydskrif en gebruik die app om die blad te skandeer en sien dit in ’n heel nuwe dimensie.

Meer oor die 3D-app

  • Dis GRATIS om af te laai.
  • Dis beskikbaar in die Apple iStore of Google Play-winkel.
  • Dis geskik vir Android- en iOS-fone en -tablette.
Android_Phone_HuisgenootKLEIN

So werk dit

  1. Kry jou kopie van Huisgenoot
  2. Gaan na die Apple iStore of Google Play-winkel en soek “Huisgenoot 3D”. Jy kan ook die skakels hieronder gebruik.
  3. Laai die app op jou foon of tablet af.
  4. Soek die 3D-ikoon in die tydskrif om te kyk watter bladsy ’n 3D-model het wat daarop versteek is.
  5. Maak die app oop op jou foon of tablet. Hou jou toestel oor die foto (minstens 30 cm ver) en kyk hoe dit lewe kry!

[caption id="attachment_68159" align="aligncenter" width="600"]Hou jou toestel oor die foto (minstens 30 cm ver) en kyk hoe dit lewe kry! Hou jou toestel oor die foto (minstens 30 cm ver) en kyk hoe dit lewe kry![/caption]

googlePlay

appStore