Die publisiteitsku sangeres en die ster van die  musiekvideo, die 11-jarige danseres Maddie Ziegler van die Amerikaanse werklikheidsprogram Dance Moms, het onlangs op Ellen DeGeneres se geselsprogram verskyn. Hulle het die snit opgevoer en die musiekvideo herskep waarin Maddie met ’n leotard aan en ’n platinumblonde pruik op in ’n verlate woonstel dans. En was ons beïndruk!

Sia (38) voer skugterheid vir die media tot ’n heel nuwe vlak! Die talentvolle sangeres en liedjieskrywer, wat al vir mense soos Madonna, Rihanna en Beyoncé liedjies geskryf het, het in ’n hoek gestaan toe sy haar treffer sing. Haar rug was heeltyd op die gehoor gekeer terwyl Maddie die kollig gesteel het.

Chandelier is die hoofenkelsnit van haar komende, sesde ateljee-album, 1 000 Forms Of Fear.

Sia het voorheen die wêreld vol getoer en talle onderhoude toegestaan, maar blykbaar uit die kalklig getree om haar geestesgesondheid te beskerm nadat sy aan pynpille en drank verslaaf was.

BRON: NEWS.COM.AU

https://www.youtube.com/watch?v=ILTZ8qZbNK0