Die Divergent-aktrise Shailene Woodley (22) lyk sexy in ’n noupassende uitrusting op die voorblad van Marie Claire se April-uitgawe. In die meegaande onderhoud vertel sy onder meer:

Oor haar eerste soen: “Ek dink nie enigiemand het al so laat soos ek ontluik nie. Ek het op 14 nog met Barbies gespeel en eers op 15 en ’n half my eerste soen gekry. Hy het groot, mooi lippe gehad, en ek het gedink: Ek weet nie wat ek daarmee gaan maak nie.”

Oor enkellopend wees: “Ek het nog niemand ontmoet wat my laat dink: Sjoe, ek kan my voorstel hoe ons ’n seisoen saam deurbring, nie. Ek weet nie eens of mense so geskep is dat hulle vir altyd by een mens kan bly nie.”

Oor tieners aan die voorpunt van die vermaakbedryf: “Ek dink tieners kry ál meer die erkenning wat hulle verdien. Jare lank (selfs nou nog) is hulle in rolprente en TV-programme uitgebeeld as . . . klakouse, ryk, beeldskone dogters wat drup van die diamante of as dom rasieleiers. Maar tieners is baie slim. Ek was waarskynlik slimmer op 16 as wat ek nou is. Jou lewenslus op daardie ouderdom, is pragtig.”

Oor nie meer selfbewus wees nie: “Ek was my lewe lank baie selfbewus daaroor dat ek so skraal is. Nou pla dit my nie meer nie. Al die onsekerhede word geprojekteer weens wat jy dink ander oor jou sê, maar hulle maak eintlik glad nie saak nie. My enigste ware onsekerhede op hoërskool was oor my ellelang bene en dik hare, maar nou is ek dankbaar daarvoor.”

Ekstra bronne: justjaredjr.com; marieclaire.com