Die Suid-Afrikaanse regering het sewe maniere uitgestippel waarop die nuwe e-tolstelsel die lewe makliker sal maak vir motoriste.

1.Registrasie van bestuurders:

Alle motors moet geregistreer word, maar mense wat regstreeks registreer, sal voordeel trek want onregstreeks geregistreerde motoriste sal meer moet betaal wanneer hulle hul lisensies by verkeerslisensie-registrasiesentrums of die poskantoor hernieu.

2. E-identifikasiekaartjietariewe

Alle gebruikers met e-identifikasiekaartjies en Sanral-rekeninge sal die volgende tariewe betaal:

  • Klas A1 (motorfietse): 18c/km
  • Klas A2 (ligte voertuie): 30c/km
  • Klas B (swaar voertuie, middelgrootte): 75c/km
  • Klas C (swaar voertuie, groot): 150c/km

3. Verlaagde maandelikse boperk vir alle gebruikers:

  • Klas A1 (motorfietse): R125 (af vanaf R280, 50% afslag)
  • Klas A2 (ligte voertuie): R225 (af vanaf R450, 50% afslag)
  • Klas B (swaar voertuie, middelgrootte): R875 (af vanaf R1 750, 50% afslag)
  • Klas C (swaar voertuie, groot): R2 900 (af vanaf R3 500, 17% afslag)

4. Ongereelde gebruikers:

Mense wat Gauteng slegs een of twee keer per jaar besoek, sal geen tolgeld betaal nie, aangesien die eerste 30 keer per jaar wat jy by die rybrug deurgaan, gratis is. Jy begin betaal eers wanneer jy die 31ste keer deurgaan en dit sal die koste van die vorige 30 keer se deurgang by die rybrug insluit.

5. Beperk reiskoste:

Gebruikers wat nie binne 30 dae vanaf die faktuurdatum betaal nie, sal vir dubbel die toltarief aanspreeklik wees, maar nuwe maandelikse boperke sal soos volg toegepas word:

  • Klas A1 (motorfietse): R250
  • Klas A2 (ligte voertuie): R450
  • Klas B (swaar voertuie, middelgrootte): R1 750
  • Klas C (swaar voertuie, groot): R5 800

6. Afslag vir uitstaande skuld:

Die afslag sal van R1,74c/km af verlaag word tot 70c/km, 'n afslag van 70% vir uitstaande e-tolrekeninge sedert Desember 2013. Geen amnestie/ kwytskelding sal verleen/gegee word nie.

7. Onderworpenheid:

Die lisensieksyfies van motoriste wat weier om tolgeld te betaal, sal teruggehou word totdat hul skuld wel betaal is.

Bron: Fin24