Vrydag 6 Desember

The Adventures Of Tintin: The Secret Of The Unicorn

M-Net 09:30

Danksy Steven Spielberg se vernuf kry hierdie klassieke strokie op die silwerdoek lewe. Jamie Bell en Andy Serkis is die wonderlike stemme agter Tintin en Captain Haddock wat op soek is na verlore skatte. Dis net die ding vir kinders was met vakansie is.

The Marine e.tv 20:30 Hier is ’n bewys dat WWE vals is, want dit wys watter goeie akteur John Cena is! Die WWE-superstar speel die hoofrol in hierdie fliek – ’n taai seesoldaat wat ná ’n sending by die huis kom en agterkom sy vrou is ontvoer. ’n Bietjie aksie om die naweek mee af te skop. Saterdag 7 Desember 

Aladdin

SABC3 19:00

Hou vas aan jou vlieënde tapyt vas, want een van die vermaaklikste animasierolprente uit die ’90s vlieg na ’n sitkamer naby jou! Die beste van alles is die gekke Robin Williams as die lampgees. Wonderlike vermaak vir kinders wat ook grootmense se lagspiere sal prikkel.

Night At The Museum

e.tv 20:00

Sien Ben Stiller op sy beste in hierdie oulike komedie oor ’n veiligheidswag by ’n museum wat agterkom die uitstallings kry saans lewe. Die skelet van ’n T-Rex-dinosourus wat hom soos ’n babahondjie gedra en gedurig wil hê jy moet vir hom iets gooi om te gaan haal and just wants to play fetch, is skreeusnaaks.

MUSIEK! Sêr kykNET 21:30 In hierdie episode van Sêr gaan kuier ons by verlede jaar se kampuswenners, wat almal na die groot finaal in Bloemfontein deurgedring het. Ons maak ook ’n draai by Johan C Venter, wat lank deel was van die a cappella-groep, Flip a coin, asook Vaughan Gardiner en van die Cutt Glas-lede. Sondag 8 Desember

KONSERT! Huisgenoot Skouspel 2013

kykNET 14:30

Huisgenoot-Skouspel is Suid-Afrika se grootste Afrikaanse musiekkonsert en vanjaar  was dit weereens ’n geleentheid van lekker musiek met`n samekoms van 50 sangers op een verhoog. In die geredigeerde weergawe kan kykers vir kunstenaars soos  Nataniël, Kurt Darren, Laurika Rauch, Elvis Blue, Ray Dylan, Karen Zoid en Die Heuwels Fantasties, net om ’n paar te noem, sien. En natuurlik was daar ook ‘n paar verrassings, so moet dit nie misloop nie!

Twilight: Breaking Dawn Part 2

M-Net 20:05

As jy ’n Twilight-aanhanger is of ’n tienermeisie in die huis het, is die rusbank die plek waar jy Sondagaand moet wees. Kry vir jou peuselgoed, sit agteroor en kyk hoe Bella gewoond raak aan die lewe as vampier. En natuurlik moet jy sien waarop die liefdesdriehoek tussen haar, die skitterende vampier en die aantreklike weerwolf uitloop.