Mitsubishi, wat bekender is vir bakkies en sportnutsvoertuie, het nou die intreevlak-segment vir passasiersmotors betree met die plaaslike bekendstelling van die Mirage.

Hier is sewe feite wat jy oor die Mirage moet weet:

  1. Die Mirage is ’n vyfdeur-luikrug wat met motors soos die Ford Figo, Renault Sandero en Hyundai Grand i10 gaan meeding.
  2. Mitsubishi het aangedui hulle gaan die Mirage bekendstel met ’n mededingende finansieringspakket van R1 899 per maand, wat ’n jaar se omvattende versekering insluit.
  3. Daar is drie Mirage-modelle – almal het ’n 1,2 L-petrolenjin wat 57 kW en 100 Nm ontwikkel.
  4. Mitsubishi beweer die Mirage het ’n gemiddelde brandstofverbruik van 4,9 L/100 km en dat dit die motortjie in staat stel om met sy 35 L-brandstoftenk sowat 700 km af te lê.
  5. Selfs die intreevlak-model het kragstuur, lugverkoeling en ’n klankstelsel, terwyl al die modelle se veiligheidskenmerke ABS-remme en voorste lugsakke insluit.
  6. Daar is ’n bykomende pakket van R15 500 beskikbaar waarmee kopers die Mirage kan opkikker met kenmerke soos satellietnavigasie en parkeersensors agter.
  7. Al die Mirage-modelle het ’n waarborg van drie jaar of 100 000 km en ’n diensplan van twee jaar of 30 000 km.

Pryse

  • Mirage 1,2 GL: R124 900
  • Mirage 1,2 GLX: R134 900
  • Mirage 1,2 GLS: R144 900

mirage-26_1800x1800