[post-slider]

Wat jy oor die Mokka moet weet

  1. Daar is vier modelle in twee afwerkingsvlakke, Enjoy of Cosmo, beskikbaar.
  2. Standaardkenmerke vir al die modelle sluit in allooiwiele, Bluetooth, elektriese venster en al die tipese veiligheidskenmerke soos lugsakke en ABS-remme.
  3. Kopers het 'n keuse tussen ’n sesspoed-handrat of sesspoed-outmaties.
  4. Onder al die modelle se enjinkappe is ’n 1,4 L-turbopetrolenjin wat 103 kW se krag en 200 Nm se wringkrag ontwikkel.
  5. Die Mokka ding teen die gewilde Nissan Juke en Ford EcoSport meeding.
  6. Pryse skop af by R288 500 vir die Mokka Enjoy 1,4T (handrat), R298 500 vir die Mokka Enjoy 1,4T (outo), R325 500 vir die Mokka Cosmo 1,4T (handrat) en R335 500 vir die Mokka 1,4 T Cosmo (outo).

Ons was redelik in ons noppies met die Enjoy-model wat ons toetsbestuur het. Dit is 'n gerieflike alledaagse ryding en voel boonop goed gebou.