[caption id="attachment_114758" align="alignleft" width="600"]Foto: Quickpic Foto: Quickpic[/caption]

Lees ook: Nuwe tekkies vir die nuwe Duke

Drie standaardproduksie-E-Klasvoertuie is goedgekeur om hulself te bestuur, die eerste ter wêreld en ook betyds vir die voorste handelskou vir verbruikerstegnologie, die Consumer Electronics Show (CES 2016), in Las Vegas.

Om die toets van outonome bestuursfunksies toe te laat, moes toetsvoertuie vroeër uitvoerig toegerus word met spesiale harde- en sagteware. Dit het bykomende sensors, ’n aangepaste stuur en ESP ingesluit.

Lees ook: Slim, slimmer, Faraday Future

Dit is egter nie meer die geval met die nuwe Mercedes-Benz E-Klas nie. Die standaard-produksievoertuig is reeds uitvoerig toegerus met intelligente tegnologie. Dit beteken dat, vir toetsdoeleindes, dit slegs nodig is om ’n paar geringe sagteware-aanpassings te doen aan die “drive pilot”-beheereenheid.

Prof. Thomas Weber, lid van die bestuursraad van Daimler AG, groepnavorsing en Mercedes-Benz-motorontwikkeling, merk op: “Die feit dat Mercedes-Benz die eerste voertuigvervaardiger in die wêreld is aan wie so ’n lisensie toegeken word, wys dat ons ’n tree voor is wat dit outonome bestuur betref. Die nuwe E-Klas is dus nog ’n groot tree nader aan die ten volle geoutomatiseerde voertuig.

Lees ook: Is jy ’n Willie Weet-alles of Meneer die onderwyser agter die stuur?

Selfbestuurtoetse word op alle tussenstaat- en staatsnelweë in Nevada toegelaat, en menslike bestuurders is net nodig vir die draai-, invloei- en wegtrekslag.

Die outonomiese toetsritte in alledaagse verkeer sal uitgevoer word deur spesiaal opgeleide toetsbestuurders. Nevada se departement van motorvoertuie (NDMV) se reëls bepaal ook dat daar tydens toetsritte een passasier agter die wiel en een ander passasier in die voertuig moet wees.

Die toetsvoertuie word uitgeken aan ’n rooi nommerplaat wat gereserveer is vir outonome bestuur.

Nevada het reeds in Junie 2011 ordonnansies goedgekeur rakende outonome bestuur en dit word as pionierswerk beskou. Dié woestynstaat se padnetwerk, landskap en verkeersvolume is hoogs verteenwoordigend van padtoestande in die VSA. Twee selfbestuur-Daimler-vragmotors ry al sedert Mei 2015 op openbare paaie.

Bron: quickpic.co.za