Dertien het begin; agt bly oor in Saktyd, Huisgenoot se gewilde werklikheidsprogram met as groot prys ’n pos by ons.

En terwyl daar weekliks groot pret met allerlei uitdagings op die kassie is, is vaardige vingers op die toetsbord tog maar ’n moet vir enige aspirantjoernalis.

So kry die vier wat die swakste in ’n skryftaak gevaar het, toe die taak om elkeen ’n leerder van die Jan Kriel-skool vir Buitengewone Onderwys in Kuilsrivier op ’n uitstappie te neem en ’n storie daaroor te skryf.

Op Saktyd kla Laura Stopforth gereeld sy kan nie skryf nie. Maar sy verras ons toe so met haar storie oor die 16-jarige Maché Smith dat ons dit met julle wil deel.

Lees meer in die nuutste uitgawe van Huisgenoot.

Saktyd word Dinsdagaand om 19:30 op kykNET uitgesaai.

Volg Huisgenoot op Pinterest.