Die Suid-Afrikaanse Gilde van Motorjoernaliste (SAGMJ) het Porsche se Cayman S met dié toekenning vereer – die Boxter het dit verlede jaar gewen.

Die ander finaliste wat vir die titel meegeding het was die Jaguar F-Type, Lexus IS350, Renault Clio, Peugeot 208 GTI, Volkswagen Golf 1,4 TSFI, Audi A3 1,4, Mercedes-Benz A45 AMG en die Volvo V40 D3.

Die Volkswagen Golf was in die tweede plek, en die punte-toekennning was as volg:

  1. Porsche Cayenne S – 199 punte
  2. Volkswagen Golf 7 1,4 TSI 90 kW Comfortline DSG -192 punte
  3. Audi A3 Sportback 1,4T FSI – 168 punte
  4. Mercedes-Benz A 45 AMG – 143 punte
  5. Jaguar F-Type 3,0 V6 S – 136 punte
  6. Renault Clio4 66kW Turbo Dynamique – 133 punte
  7. Lexus IS 350 F-Sport – 123 punte
  8. Volvo V40 – 106 punte
  9. Peugeot 208 GTI – 100 punte

Die Motor van die Jaar-kompetisie word al sedert 1986 deur die SAGMJ en Wesbank aangebied.

BMW hou steeds die rekord vir die meeste titels, naamlik ses, gevolg deur Volkswagen (3), Opel (3), Audi (3), Toyota (2), Renault (2), Honda (2), Mercedes-Benz (1), Ford (1), Mazda (1), Nissan (1), Volvo (1), Alfa Romeo (1), Hyundai (1) en dan nou Porsche met twee.