Die bekende Amerikaanse akteur, Ted Danson, het nou by die rolverdeling van die eerste Suid-Afrikaanse 3D-film, Jock of the Bushveld, aangesluit.

Danson, bekend vir sy rol as Sam Malone in die televisiereeks Cheers, sal die stem van Jock se boesemvriend,  Pezulu, in die animasie film vertolk.

Behalwe vir Danson se talente sal Helen Hunt, Donald Sutherland, Bryan en Adams en selfs emeritus-aartsbiskop Desmond Tutu ingespan word om lewe te gee aan die eg Suid-Afrikaanse karakters.

Luidens 'n verklaring uitgereik deur die vervaardigers sal die veel bekroonde Duitse komponis Klaus Badelt, Bryan Adams, Alan Menken en Johnny Clegg sorg dat dié film se klankbaan onvergeetlik is.

Die film sal op 29 Julie in Suid-Afrika begin draai.