Suid-Afrika se beste motors is bekendgemaak.

Die maatskappy Ipsos het die uitslag van sy navorsing oor die beste voertuie in die land aangekondig. Die jaarlikse Ipsos-studie is die grootste van sy soort in Suid-Afrika, en vir die navorsing gesels hulle met meer as 10 000 Suid-Afrikaners.

Onderhoude word gevoer met respondente drie maande nadat hulle hul nuwe voertuig gekoop het. Hulle word gevra om ’n lys te maak van enige probleme wat hulle tot dusver met hul voertuig ondervind het. Ipsos doen dan ’n PP100-berekening (probleme per honderd voertuie), wat gebruik word om voertuie in hul onderskeie afdelings te beoordeel.

Hoe laer die syfer, hoe beter is die kwaliteit.

Die motor wat in die algemeen die minste probleme opgelewer het is die Lexus IS, met ’n 11 PP100. Kort op sy hakke was die Mercedes-Benz C-Klas petrol (12) en Audi A3 (13).

Hulle het so volgens hul kategorieë gevaar:

SAKPASMOTOR

  • Goud: VW Polo Vivo-sedan (18 PP100), VW Polo Vivo-luikrug (25)
  • Silwer: Chevrolet Spark (27), Chevrolet Spark Lite (27)
  • Brons: Toyota Yaris 1.0 (23)

KOMPAKTE LUIKRUG

  • Goud: Mazda2 (13 PP100)
  • Silwer: Toyota Yaris 1.3 (23)
  • Brons: Ford Fiesta (27), VW Polo (27), Peugeot 207 (28)

LUIKRUG

  • Goud: Audi A3 (13 PP100)
  • Silwer: Merc A-klas (17), Audi A3 Sportback (17), Toyota Auris (18)
  • Brons: Audi A1 Sportback, Ford Focus (24 - 25)

KOMPAKTE SEDAN

  • Goud: Chevrolet Sonic, Toyota Corolla 1.3 (24 - 25)
  • Silwer: Chevrolet Aveo (41)
  • Brons: VW Polo (47)

SEDAN

  • Goud: Mazda3 (16 PP100)
  • Silwer: Toyota Corolla (21)
  • Brons: Renault Fluence (30)

LUUKSE SPORTSEDAN

  • Lexus IS (11 PP100)
  • Merc C-klas (petrol 12, diesel 14)
  • Volvo S60 (27)

LUUKSE GROOT SEDAN

  • Goud: Merc E-klas, Audi A6, BMW 5-reeks (16 - 19 PP100)

SPORTKOEPEE

  • Goud: Audi A5, BMW 1-reeks (14 - 15 PP100)
  • Silwer: Merc C-klas, Merc SLK (20 - 21)
  • Brons: VW Scirocco (24)

KOMPAKTE SPORTNUTSVOERTUIG

  • Goud: BMW X1 (15 PP100), Kia Sportage (15)
  • Silwer: Toyota RAV4, VW Tiguan, Audi Q5 (23 - 25)
  • Brons: Nissan Qashqai (28)

GROOT SPORTNUTSVOERTUIG

  • Goud: Audi Q7 (12 PP100)

VEELDOELIGE VOERTUIG

  • Goud: Chevrolet Orlando (28 PP100), Merc B-klas (28)
  • Silwer: Toyota Avanza, VW Touran (42 - 44)
  • Brons: Toyota Verso (54)

LIGTE HANDELSVOERTUIG - DRIEKWARTTON

  • Goud: Nissan NP200 (56)
  • Silwer: Chevrolet Utility (85)