[caption id="attachment_129487" align="alignnone" width="604"] Foto: NASA Foto: NASA[/caption]

’n Plaaslike satellietprojek – ontwikkel deur CubeSpace, een van Stellenbosch Universiteit se innnoveringsmaatskappy Innovus se uitlopermaatskappye – beplan om die situasie te help verlig.

'CubeSats' sal tydens die eksperimentele sending gebruik word en soos ’n net optree om die ruimterommel te vang en van hul wentelbaan te verander. CubeSats is klein satelliete wat plaaslik met die universiteit se steun ontwikkel is om kommersiële geleenthede in ruimteverkenning te verken.

“Die projek is teen einde 2013 afgeskop. Ons deel het sowat 12 maande geneem om te ontwikkel en om die ingenieurswese en vlugmodel-avionika vir die twee DebrisSAT-satelliete te bou,” het prof. Herman Steyn, groephoof van satelleit-ingenieurswese in die departement van elektriese en elektroniese ingenieurswese aan die Universiteit Stellenbosch aan Fin24 gesê.

Lees ook: Heldeontvangs wag op Brittanje se eerste man in die ruimte met sy terugkeer

“Die lanseerdatum is nog nie gefinaliseer nie, maar die mikpunt is om teen middel 2017 vanaf die Internasionale Ruimtestasie te lanseer,” sê Herman. “Die lansering van ZA-AeroSat en die ander CubeSats van die QB50-sending sal ook vanaf die Internasionale Ruimtestasie geskied.”

Die Universiteit Stellenbosch het deur Innovus 226 mense in diens geneem in ’n groep van maatskappye met ’n gesamentlike omset van R205 miljoen.

Die Amerikaanse ruimteagentskap Nasa sê meer as 500 000 stukke ruimterommel word gemonitor soos dit om die Aarde wentel. Meer as 20 000 daarvan is groter as ’n krieketbal en hou ’n gevaar vir ruimtetuie in. ’n Ou Russiese satelliet het in 2009 met ’n Amerikaanse Iridium kommersiële satelliet gebots wat gelei het tot ’n toename in ruimterommel wat teen meer as 27 000 km/h beweeg (of 7,5 km/s – die spoed van meteore). Bron: Fin24 Van die ruimte gepraat . . .

  • Huisgenoot se publikasie Reis na die Ruimte kos R45 en is in winkels te kry. As jy dit by die Gateway to Space-tentoonstelling (sien onder) koop, is dit boonop net R40! Dis vol interessante ruimtefeite en -stories soos hoe die lewe op Mars sal wees, watter vuurpyle en ruimtetuie die imposantste is, ruimtevaarders (ook vierpotiges) en, les bes, hoe ’n mens te werk moet gaan om ’n ruimtevaarder te word.

Voorblad Huisgenoot Reis na die Ruitme

  • En dan is daar natuurlik Huisgenoot, YOU en Drum se imposante ruimte-tentoonstelling Gateway to Space in Sandton. Koop jou kaartjies sommer nou deur op die foto hieronder te klik!

Skermgreep van die Gateway to Space webtuiste