Model: VW Golf 2,0 TDI Highline DSG

As jy op Google indrukke oor VW se sewendegeslag-Golf soek, sal byna almal noem dat dit waarskynlik die beste motor ter wêreld is. Ons stem saam! Hoewel hy konserwatiewerig lyk, is hy stylvol en die bougehalte uitstekend. Binne is die motor ruim en talle geriefskenmerke is by die prys ingesluit. Die turbodieselenjin is ook indrukwekkend met meer as genoeg woema, terwyl die DSG-outomatiese ratkas ‘n juweel is. Maar dis veral die Golf se rit en hantering wat indruk laat. In’t kort - om die Golf 7 te bestuur sal jou nie sommer gou verveel nie.

  • PRYS R340 700
  • ENJIN 2 L-viersilinderturbodiesel; 110 kW, 320 Nm
  • VERRIGTING 0-100 km/h in 8,6 sek., topspoed 212 km/h; 4,5 L/100 km
  • MEDEDINGERS Audi A3, BMW 1-reeks
  • ONS HOU VAN Wat is daar om nie van te hou nie?
  • MAAR DIT PLA Dalk effe aan die duur kant

- Wilmer Müller - www.twitter.com/wilmermuller

Volkswagen Golf VII Volkswagen Golf VII