Model: Volvo V40 D2 Elite Volvo se aantreklike V40 het hom as ’n baie bevoegde speler by die topklas-luikrugsegment aangesluit, waar hy meeding met die Audi A3- en BMW 1-reeks. Dié Sweed is ’n vyfdeurluikrug, maar lyk meer na ’n sportiewe stasiewa. Daar is ook redelik spasie binnelangs en die bagasruim het ook genoeg plek. Verder is bougehalte glad nie sleg nie en die V40 is regtig gemaklik. Tipies Volvo, het die V40 talle veiligheid- en geriefstelsels, waarvan ’n voetgangerlugsak baie sin maak. Wat ons beindruk, is sy 1,6 L-turbodieselkragbron; tesame met ’n sesspoedratkas sorg dit vir genoeg woema en sulke lae brandstofverbruik dat jy dit skaars kan glo.

  • PRYS R321 500
  • ENJIN 1,6 Lturbodiesel; 84 kW, 270 Nm
  • VERRIGTING 0-100 km/h in 12,3 sek., topspoed 189 km/h; 3,6 L/100 km
  • MEDEDINGERS Audi A3, BMW 1-reeks
  • ONS HOU VAN Ontwerp, ongelooflike enjin
  • MAAR DIT PLA Posisie van die handrem

- Wilmer Müller

Volvo V40 Volvo V40