verso-1

As jy op soek is na ’n veeldoelige voertuig met oorgenoeg ruimte, hoef jy nie verder as die Verso te kyk nie. Dit is verlede jaar opgekikker met ’n varser, sportiewer voorkoms, terwyl dit ook meer ooreenstem met die ontwerp van die nuwe RAV4 en Auris.

Dit is veral binnelangs wat die Verso beïndruk, met talle bêreplekke en die tweede ry se drie sitplekke wat apart platgevou kan word.

Boonop is daar ’n derde ry sitplekke wat in ’n oogwink in die bagasieruim platvou. As jy dus ’n warboel kinders moet rondry, kan jy die Verso maklik in ’n sewesitplek-voertuig omskep.

verso-3

Die Verso is propvol geriefskenmerke en ons toetsmodel het onder meer leerafwerking, ’n navigasiestelsel, ’n truratkamera en klimaatbeheer.

Nog ’n wen-eienskap van die Verso is sy baie gewillige 2,0 L-turbodieselenjin. Nie net is hierdie enjin wakker nie, dit het ook ’n lang asem: Die gemiddelde brandstofverbruik is 5,5 L per 100 km.

Slotsom

Die Verso voel dus soos ’n betroubare ryding, en hoewel die turbodiesel-model nie goedkoop is nie, bied dit beter waarde vir geld as sportnutsvoertuie met soortgelyke geriefsvlakke.

Prys: R340 200

Enjin: 2,0 L-turbodiesel

Verrigting: 91 kW by 3 600 r/min, 310 Nm by 1 600-2 400 r/min

Diensplan: Vyf jaar of 100 000 km

Waarborg: Drie jaar of 100 00 km

verso-2

verso-4