Toe Suzuki die Ertiga-veeldoelvoertuig bekendstel, was daar baie opwinding; die pryse is billik en dit is immers ’n Suzuki, wat beteken dit behoort betroubaar te wees.

[post-slider]

En die Ertiga stel glad nie teleur nie. Met bougehalte, praktiese bruikbaarheid en goeie padmaniere sal jy van die Ertiga hou. Dit is gemik op gesinne wat ruimte nodig het of ondernemings wat mense moet vervoer.

Al swak punt van die Ertiga is die ligte kleur wat binnelangs gebruik word. Die plastiek-afwerking en sitplekbekleedsel is beige – dit val nie in almal se smaak nie, en belangriker nog, dit sal baie gou vuil raak. Die beste is maar om oortreksels te koop om die sitplekke te beskerm. Maar iets wat baie in die Ertiga se guns tel, is dat jy baie vir jou geld kry. Daar is ook baie standaardkenmerke. Die 1,4 GLX-model het allooiwiele, lugversorging, radio/CD/MP3, USB, sentrale sluiting, kragvensters, mislampe, sewe sitplekke en kontroles op die stuurwiel. Veiligheidskenmerke sluit in ABS-remme met elektroniese remkragverspreiding en twee lugsakke voor.

'Natuurlik val die Ertiga se klem op ruimte en praktiese bruikbaarheid.'

Natuurlik val die Ertiga se klem op ruimte en praktiese bruikbaarheid. Met al drie sitplekrye in gebruik beslaan die kattebak net 135 L, maar wanneer jy die derde ry platvou, vermeerder dit tot 482 L. Wanneer jy die twee ry platvou, vermeerder dit tot 736 L. Boonop is daar nog 22 L bergingsruimte onder die vloer.

Nog ’n nuttige kenmerk is ’n ventilasie-eenheid vir die twee en derde ry sitplekke.

Onder die enjinkap is Suzuki se 1,4 L-kragbron, wat gekoppel is aan ’n vyfspoedhandratkas. Dit lewer 70 kW krag en 130 Nm wringkrag.

In die algemeen is die Ertiga se rit skaflik en hy kwyt hom goed van sy taak. Dit het ook taamlik goeie grondvryhoogte, wat beteken dit vaar goed op swak paaie.

Slotsom

Soos voorheen genoem, stel die Ertiga glad nie teleur nie en is dit meer modern as die Toyota Avanza. Maar, die Honda Mobilio is ook ’n sterk mededinger in hierdie segment.

Suzuki verdien ’n klop op die skouer vir die Ertiga.

  • Model: Suzuki Ertiga 1,4 GLX
  • Prys: R192 900
  • Enjin: 1,4 L-viersilinder
  • Krag: 70 kW
  • Wringkrag: 130 Nm
  • Brandstofverbruik: 6,6 L/100 km (volgens Suzuki)