Model: Peugeot 208 Allure

Die nuwe Peugeot 208 wys dat dié Franse vervaardiger weer trefkrag het: Dis ’n luikrug wat die oog vang, en dít is baie belangrik in sy mededingende segment.

Die 208 is buitelangs kleiner as sy 207-voorganger, maar danksy slim ontwerp is die binneruim en pakplek agter groter.

Die nuweling, wat talle geriefskenmerke as standaard het, se bougehalte en binneafwerking is beter as voorheen.

Op die pad is die 208 rats en hy hanteer goed. Dit is regtig ’n goeie alternatief as die hoofstroommodelle soos die VW Polo jou verveel.

  • PRYS R198 500
  • ENJIN 1,6 L-viersilinder-petrol; 88 kW; 160 Nm
  • VERRIGTING 0-100 km/h in 8,3 sek., topsnelheid 208 km/h; 6,6 L/100 km
  • MEDEDINGERS VW Polo, Ford Fiesta
  • ONS HOU VAN Stilering en ruimte
  • MAAR DIT PLA Binneafwerking is nog nie topklas nie

pug2

pug3

- Wilmer Muller