[post-slider] En die NV200 behoort veral lang ritte na naweek- of vakansiebestemmings meer van ’n plesier te maak. Uitstekende brandstofverbruik, lekker hoë sitposisie, ’n ruim kajuit, klein draaisirkel en sewe moontlike sitplekke is beslis nie te versmaai nie. Danksy die hoë dak is daar meer as genoeg kop- en beenruimte, maar die bagasieruim is beperk wanneer al sewe sitplekke in plek is. As jy van die derde ry sitplekke gebruik maak, sal jy slim moet pak of dalk ’n sleepwaentjie oorweeg, maar wanneer die derde ry nie gebruik word nie, sal jy nie probleme ervaar nie.

'Die twee skuifdeure is ook ’n pluspunt.'

’n Mens moet onthou dat dié voertuig eintlik op ’n paneelwa gegrond is; daarom gee die afwerking nie juis ’n gevoel van weelde nie. Tog voel dit asof die NV200 gebou is om te hou. Die twee skuifdeure is ook ’n pluspunt en bied oorgenoeg ruimte om in en uit te klim.

Dit het ook al die modern geriefs- en veiligheidskenmerke.

Die NV200 se krag kom van ’n uitstekende 1,5 L-turbodieselenjin. Hope wringkrag maak dié juweel ’n plesier om te bestuur. Die motor se kleiner afmetings maak dit ook nie so ondraaglik om te parkeer nie. Inkopies saam met die gesin kry dus ook ’n regmerkie in my boek.

Slotsom

Volgens ’n paar internetbronne gaan die NV200 eersdaags die meeste van New York se geel huurmotors vervang. Dit is al klaar genoeg lof vir hierdie voertuig. ’n Mens kan dalk iets luuksers koop vir dieselfde prys, maar nie iets wat naastenby so veeldoelig is nie.

Of jy nou ’n halwe krieketspan en hul bagasie wil aanry, vir die naweek wil gaan kampeer of net saam met die gesin wil gaan inkopies doen, “Jack of all trades” was nog nooit so gepas nie.

Boonop bied dit goeie waarde vir geld in vergelyking met van sy mededingers.

  • PRYS R303 900
  • ENJIN 1,5 diesel; 66 kW, 200 Nm
  • VERBRUIK 5,1 L/100km Gekombineerde siklus volgens Nissan, 5,8 L/100km getoets deur Huisgenoot
  • MEDEDINGERS Volkswagen Caddy
  • ONS HOU VAN Brandstofverbruik.

DIT PLA Enjingeraas

- Anton Vermeulen