Die derde geslag Mercedes M-klas het nóg meer teenwoordigheid as sy voorgangers en is  weelderiger. Maar waar die M-klas veral beïndruk, is sy hantering: Vir ’n taamlik groot voertuig is die ML 350 nie net rats nie, maar ongeag sy spoed, baie stabiel op die pad. Dis te danke aan gevorderde tegnologiese kenmerke, soos die Active Curve-stelsel wat bakrol in toom hou. Dis verbasend hoe min padgeraas die baie gemaklike kajuit binnedring. ’n Opsionele On&Offroad-pakket kan die M-klas in ’n hardebaard-viertrekvoertuig omskep. In’t kort: Koning van die betonoerwoud. As julle dit kan bekostig, is hy reg vir pa en sy gholfstokke en vir ma met die kinders. En mooi!

  • PRYS R766 264
  • ENJIN 3,5 Lsessilinder-petrol; 225 kW, 370 Nm
  • VERRIGTING 0-100 km/h in 7,6 sek., topsnelheid 235 km/h; 8,5 L/ 100km
  • MEDEDINGERS Mitsubishi ASX, Hyundai iX35
  • ONS HOU VAN Rygenot
  • MAAR DIT PLA Regtig nie veel nie

Mercedes Benz ML 350 Mercedes Benz ML 350

Wilmer Müller: www.twitter.com/wilmermuller