Die nuwegeslag-A-klas is glo so gewild, daar is glo ’n maande lange waglys. Dis veral die A-klas se sportiewe ontwerp wat hom laat uittroon.

Tog is hy meer as net ’n mooi gesiggie; sy rit, hantering en padgedrag is baie goed. Die A200 se 1,6-liter turbo-aangejaagde enjin is wakker en in die geheel voel die A-klas redelik sportief. Die Duitse vervaardiger het nie sy kleinste model afgeskeep nie, want die bougehalte en binneafwerking is indrukwekkend. Natuurlik spog die A-klas met al die nodige veiligheidskenmerke, terwyl jy sy prys ook kan opjaag met talle opsionele luukse kenmerke. In geheel is die A-klas uitmuntend en het al die regte eienskappe om ’n klasleier in sy segment te wees. Hy het die regte DNS om ’n ikoniese Mercedes- Benz-model te word.

  • PRYS R296 632
  • ENJIN 1,6 L-viersilinderturbopetrol; 115 kW, 250 Nm
  • VERRIGTING 0-100 km/h in 8,4 sek., topspoed 224 km/h; 7,5 L/100 km
  • MEDEDINGERS Audi A3, BMW 1-reeks
  • ONS HOU VAN Voorkoms, gevoel van gehalte
  • DIT PLA Sigbaarheid agterlangs is moeilik

- Wilmer Müller

Mercedes A-klas

Mercedes A-klas