Dié motor het ’n radikale voorkoms wat oorheers word met skerp en hoekige lyne – jy kan dit nie miskyk nie en ons het nogal daarvan gehou.

[post-slider]

Die NX se “anderste ontwerp” is ook na die binnekant deurgetrek, wat uiteraard baie luuks is en topgehalte afwerking het.

Daar is vier modelle in die NX-reeks, waarvan vier met Lexus se indrukwekkende en kragtige 2,0-liter turbo-enjin spog. Daar is ook ’n hibriede model met ’n 2,5-liter-petrolbron in kombinasie met twee elektriese motors. Pryse wissel tussen R539 900 tot R633 000.

Ons toetsmodel was die NX200t met die F-Sport-pakket, wat die reeds gewaagde voorkoms méér opkikker. Anders as sy mededingers bied Lexus meeste geriefskenmerke en tegnologiese katoeters as standaard – dit beteken die prys wat jy sien is die prys wat jy betaal. Daarom is die NX beter waarde vir geld as ander sportnutsvoertuie in sy klas,

Boonop het Lexus ’n goeie reputasie as dit kom by betroubaarheid en bougehalte.

Model: NX 200t F-Sport

Prys: R659 900

Enjin: 2,0 L turbopetrol

Krag: 175 kW @ 4800-5600 r/min

Wringkrag: 350 Nm @ 1650-4000