Kia Cerato 2.0 SX

“Wat ’n pragtige motor!” is omtrent die eerste ding wat almal oor die nuwe Cerato kwytraak. Nes ander moderne Kias is die motor regtig mooi.

Binne is baie ruimte en luukse kenmerke, onder meer leerafwerking, Bluetooth en klimaatbeheer. Die bagasieruim van 482 liters is nie te versmaaie nie. Die Cerato bewys Kia konsentreer ook daarop om voertuie te bou wat goed hanteer. In’t kort, die Cerato is ’n sportiewe, stylvolle en goed toegeruste lid van die Kia-familie en sal beslis baie gewild wees.

  • PRYS R279 995
  • ENJIN 2,0 L-viersilinderpetrol; 118 kW, 194 Nm
  • VERRIGTING 0-100 km/h in 8,5 sek., topspoed 210 km/h; 7,6 L/100 km
  • MEDEDINGERS Hyundai Elantra, Ford Focus
  • ONS HOU VAN Ontwerp en rit
  • DIT PLA Nie noodwendig meer bekostigbaar nie

- Wilmer Müller

Kia Cerato Kia Cerato