Toetsmotor: Hyundai Sonata 2,4 GDI Elite

Groot, sterk, stylvol. In dié kar ry jy nie vinnig nie, jy vlieg laag. Die Sonata tik elke boksie en meer af as dit kom by wat jy wil hê in ’n kar. Jy kan rondspeel op die pad of net rustig voortvaar – dit maak bestuur maklik en boonop hope pret.

Jy sal dit geniet om tyd deur te bring in dié windmakerige, luukse masjien wat met ’n reeks standaard-funksies aangebied word, soos verhitte voorste sitplekke, ’n tru-kamera vir ingewikkelde parkeerplekke en ’n pragtige panorama sondak vir wanneer die warm somerdae aanbreek. Sy gesplete maar prettige persoonlikheid maak dat jy dit rustig kan vat of wilde speelplekke aandurf om te kyk wat gebeur wanneer jy avontuurlustig voel. Hoe dit ook al sy, dié kar sal jou nie teleurstel nie. Jy sal beslis nie verveeld raak om in dié kar rond te ry nie. Hoe meer tyd jy in hom deurbring, hoe lekkerder word dit.

  • Prys: R 379 900
  • Enjin: 2,4L Petrol, 148 kw, 250 Nm
  • Werkverrigting: 0-100 km/h in 9,0 sek.; topspoed 210 km/h, 7,9 L/ 100km
  • Mededingers: BMW 3 reeks, Mercedes Benz C-klas, Jaguar XF
  • Ons hou van: Alles aan hierdie kar is fantasties.
  • Slegte punte: Om die sleutel terug te gee was moeilik.
- Jeremy Petersen